Salt Eagles verloor met 77 lopies teen Sri Lanka

Die Walvis Bay Salt Eagles het sy wedstryd in die IKR Onder-19 Wêreldbeker teen Sri Lanka met 77 lopies verloor. Sri Lanka, wat eerste gekolf het, was 133 almal uit in 37,5 boulbeurte. Namibië is in 26 boulbeurte uitgeboul. Namibië se Zacheo van Vuuren het uitstekend geboul en vier paaltjies laat kantel vir 23 lopies in 8 boulbeurte. Die hoogste telling deur ‘n Namibiese kolwer was die 18 nie uit nie van Peter-Daniel Blignaut. Namibië se hoop om deur te gaan na die super 6-fase van die toernooi deur onder die topdrie in die groep te eindig, sal ‘n oortuigende oorwinning Saterdag teen Zimbabwe vereis.