Salt Eagles klop Skotland in reën-verkorte wedstryd

Die Namibiese o.19-krieketspan, die Walvis Bay Salt Eagles, het hul tweede nie-amptelike opwarmwedstryd teen Skotland in Pretoria gewen, in aanloop tot die junior Wêreldbekertoernooi. Die wedstryd is egter deur reënbuie verkort en Namibië het met sewe lopies gewen volgens die Duckworth-Lewis-Stern-metode. Namibië het twee amptelike opwarmwedstryde, môre teen die VSA en Dinsdag teen Ierland, voordat hulle na Kimberley reis vir hul Wêreldbeker-groepwedstryde teen Australië, Sri Lanka en Zimbabwe.