Saldanhabaai soek steeds na vermiste 6-jarige meisie

Die soektog duur voort na ‘n 6-jarige meisie van Saldanhabaai aan die buurland se Weskus, wat sedert Maandag vermis word. Die polisie sê Joslin Smith is in die sorg van haar ma se vriend gelaat. Die polisie het verskeie mense ondervra, wat haar ma se vriend insluit, maar daar was nog geen nuwe verwikkelinge nie. Die burgemeester van Saldanhabaai, André Truter, sê twee mense het 20 000 Suid-Afrikaanse rand aangebied vir die munisipaliteit om ‘n beloning uit te reik vir betroubare inligting oor waar sy is. Die leier van die Patriotic Alliance, Gayton McKenzie, het intussen ‘n beloning van 100 000 rand uitgereik.