Salarisse kan nie werklik vergelyk word nie, kyk eerder na minimumloon

Die voormalige eerste minister Nahas Angula het gereageer op uitlatings deur die leier van die Independent Patriots for Change, Panduleni Itula. Itula was die naweek op Rundu en het uitgevaar teen die regering vir sy hoë salarisse terwyl ander skaars kos op die tafel kan plaas. Angula sê dit vergelyking is nie altyd regverdig nie, en daarom is ‘n minimumloon so belangrik.