Sal ons weer kuddetekorte beleef as El Nino kom?

Met El Nino wat in die komende reënseisoen voorspel word, is daar weer kommer oor droë toestande wat oor die land kan heers. Drie jaar gelede het Meatco gebuk gegaan onder die tekort aan diere as gevolg van droogte en die kwessie is verleng eenvoudig omdat toe dit weer reën het boere diere teruggehou om kudde op te bou. Kosmos 94.1 Nuus het met plaaslike landboukenner Wallie Roux gesels oor die uitdaging. In sy mening is daar nie veel wat ‘n Namibiese boer kan doen nie omdat dit ‘n biologiese proses is maar, hy voeg by dat die uitdagings nie so groot sal wees nie… hy verduidelik.