Sal ‘n Trump-administrasie ‘n impak op Agoa of Pepfar hê?
Namibië en talle ander lande in Afrika hou die Amerikaanse politieke landskap fyn dop veral met die toenemende gewildheid van Donald Trump. Programme soos Pepfar, Agoa en meer is baie belangrik vir ons en ons bure. Maar sou ‘n tweede Trump-administrasie moontlik die programme in gedrang stel? Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Charles Sinkala, ‘n kenner in die gebied van Afrika en handel, oor die kwessie gesels.