Sal Messi Saterdag speel of nie? 

Lionel Messi gaan dalk Saterdag se wedstryd in die Copa America teen Peru misloop om ‘n seer dyspier te laat rus, nadat sy span reeds met twee oorwinnings vir die volgende ronde gekwalifiseer het. Messi is vandeesweek 37 en het mediese behandeling ontvang tydens Argentinië se oorwinning van 1-0 oor Chili by die toernooi in Amerika. Hy was wel vir 90 minute op die veld en het rakelings met ‘n langafstand-doelskop misluk. Messi was betrokke by talle Argentynse aanvalle. Die wêreldkampioene en toernooigunstelinge is bo-aan Groep A met ses punte.