Sal daling in skaappryse voortduur?

Alle grade skaapkarkas pryse het tussen Oktober verlede jaar en Oktober 2023 met 8,6 persent gedaal, vir ‘n gemiddelde prys van 54 Namibiese dollar 7 sent per kilogram, volgens die jongste landbouverslag van Simonis Storm. Dorperlam pryse op veeveilings het in Oktober met 20 persent geval op ‘n jaargrondslag na 29 dollar ‘n kilogram, terwyl boklam pryse met 12 dollar 20 geval het tot 27 dollar 31 per kilogram jaar-tot-jaar. Die plafonprys vir vark is op 51 dollar 3 sent per kilogram vasgestel om die negatiewe uitwerking van laer pryse deur die Rooivleis Abbatoir-vereniging in die sektor teen te werk. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike landboukenner Wallie Roux gesels oor die daling in pryse en gevra of hulle sal herstel.

Op ‘n vraag hoekom vark pryse daal en hoekom dit vasgestel is, antwoord hy: