Sal daar voordeel wees vir SME’s in groenwaterstof?

Die voorsitter van die Groenwaterstof-raad Obeth Kandjoze het die versekering gegee dat die groenwaterstof-projek van Hyphen Hydrogen Energy in die Tsau//Khaeb Nasionale Park duisende werksgeleenthede vir Namibië sal skep. Hy sê 15 000 nuwe poste sal tydens die konstruksiefase geskep word, 3 000 permanente poste tydens die bedryf daarvan, met die teiken dat 90 persent van hierdie poste deur Namibiërs gevul moet word en 20 persent deur jeugdiges. Kosmos 94.1 Nuus het met die direkteur van SMEs Compete, Danny Meyer, gepraat oor of klein en medium ondernemings uit hierdie projek gaan baat vind…