SAL brei vlugte uit tussen Jhb en Whk

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens het aangekondig dat hy ‘n derde daaglikse vlug tussen Windhoek en Johannesburg vanaf 27 Oktober sal bedryf. Air Connect Namibia het die stap verwelkom, wat daarop gemik is om reisopsies te verbeter en in die groeiende vraag na lugreise in die streek te voorsien. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Dan Kamati, die woordvoerder van die Namibië Lughawensmaatskappy, wat uitbrei.