SAL betaal R5,4m boete aan VSA-owerhede
Die Suid-Afrikaanse Lugdiens het ingestem om ‘n boete van 5,4miljoen Suid-Afrikaanse rand aan die Amerikaanse lugvaartowerhede te betaal vir vertraagde terugbetalings op ongebruikte kaartjies tydens die Covid-19-pandemie. Daar word berig die skikking met die Amerikaanse Departement van Vervoer se kantoor vir Verbruikersbeskerming het ten doel om uitgerekte litigasie te vermy. Die lugredery het aangevoer hy het buitengewone stappe gedoen om terugbetalings van 2019 tot 2022 te verwerk en tussen April 2021 en Maart verlede jaar sowat 2,2 miljard rand aan terugbetalings spandeer. Die SAL probeer verhoudings met Amerikaanse kliënte normaliseer en vlugte na Amerika hervat.