SAKP staan ANC by oor uMkhonto weSizwe

Die Suid-Afrikaanse Kommuniste-party sal die ANC se regsaksie ondersteun om die pas gestigte uMkonto weSizwe-party van die Onafhanklike Verkiesingskommissie se stembrief te verwyder. ʼn Lid van die sentrale komitee van die SAKP, Alex Mashilo, sê uMkhonto weSizwe is ‘n gesamentlike organisasie van die ANC en die SAKP. Die SAKP het ook aangedui dat hy weens sy steun aan die ANC deel moet wees van beraadslaging oor ‘n manifes en die opstel daarvan, om te verseker alle belange en doelwitte word vergestalt: