Sakemanne betaal vir Swapo se ‘mini-saamtrekke’
In aanloop tot die verkiesing in November, hou die regerende party Swapo talle sogenaamde mini-byeenkomste regoor die land. Die jongste een was Saterdag by Omafu in die Ohangwena-streek waar die sekretaris-generaal Sophia Shaningwa die skare toegespreek het. Op 17 Augustus word nog ‘n mini-saamtrek op Omaruru beplan waar ‘n fondsinsamelingsbraai ook gehou sal word. Die saamtrek word, volgens die party geborg deur die bekende regsman Sisa Namandje en omstrede oud-hoof van Namcor, Immanuel Mulunga.