Sakeman, boer van Grootfontein skiet homself

‘n Sakeman van Grootfontein het volgens New Era Woensdagaand selfmoord gepleeg deur homself by sy lodge buite die dorp te skiet. Die Otjozondjupa-polisie se woordvoerder inspekteur Maureen Mbeha, sê die 69-jarige Felas van der Merwe Daniel Diederick het hom in sy slaapkamer op sy plaas 5 kilometer noord van Grootfontein, geskiet. Hy is deur sy vrou gevind. Die polisie se ondersoek duur voort.