Sakeliga gaan hof toe oor Covid-19-inperking

Die sake-organisasie Sakeliga in die buurland het ‘n aansoek by die Hooggeregshof ingedien om die samewerkende regering-minister skuldig te verklaar aan minagting van die hof. Dit volg op versuim om ingevolge ‘n hofbevel rekords bekend te maak oor die ingrypende besluite oor die Covid-19-inperking wat in 2020 agter geslote deure geneem is. Uitvoerende hoof Piet le Roux sê indien hulle slaag, sal die huidige minister, Thembi Nkadimeng, die rekords beskikbaar moet stel wat sy en haar voorganger, Nkosazana Dlamini-Zuma, tot nou toe van die publiek weerhou het.