Sake oor neurologiese besering teen Wêreldrugby

Byna 300 oud-spelers dagvaar Wêreldrugby en hul beheerliggame oor neurologiese beserings wat hulle tydens hul speeldae opgedoen het. Die vaskopstut, Carl Hayman, wat 45 toetse vir Nieu-Seeland gespeel het, is die hoëprofiel-Kiwi op die lys. Hy het vroeër onthul hy sukkel met demensie en ‘n afbrekende breintoestand. Steve Thompson, Phil Vickery en Mark Regan is onder die voormalige Engelse spelers. Thompson sê hy het geen herinnering van hoe hy vir sy land gespeel het toe hulle 2003 se Wêreldbeker-eindstryd teen Australië gewen het nie.