Sake-bedrywighede daal in buurland

Die 2023 Globale Entrepreneurskaps-monitor Suid-Afrika-verslag toon ‘n afname in vroeë-fase entrepreneurs-bedrywighede, wat tot onder vlakke voor die pandemie gedaal het. Minder mense oorweeg dit om met nuwe ondernemings te begin. Suid-Afrika se swak ekonomie belemmer die entrepreneurspotensiaal. GEM SA se hoof-skrywer, Angus Bowmaker-Falconer, sê Suid-Afrika bly agter in vergelyking met globale en Afrika-entrepreneursvlakke. Slegs tien-persent van volwassenes beoog om in die volgende drie-jaar met ‘n nuwe onderneming te begin, die laagste in 20-jaar, met entrepreneurs se verwagting van werkskepping wat laag is.