Sakaria maan stropers in Etosha

Die Namibiese polisie se streeksbevelvoerder van Oshana, kommissaris Naftal Sakaria, is die nuwe bevelvoerder van die teen-stropingseenheid in die Etosha Nasionale Park waar talle renosters gestroop word. Hy het ‘n sterk waarskuwing uitgestuur dat hy nie die veiligheid van gewapende wildstropers in die park sal waarborg nie. Kommissaris Sakaria het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor sy nuwe rol.