SAID het 90% van terugbetalings voltooi

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het 90-persent van omgeswaaide terugbetalings vrygestel na ‘n ondersoekproses wat minstens 30 000 belastingbetalers raak. Die oorblywende terugbetalings word Maandag gedoen. Die diens vra om verskoning vir verwarring en verduidelik alle terugbetalings word gedoen nadat die geldigheidsbepaling afgehandel is. Sedert die aanvang van die belastingseisoen terugbetalings van 14 miljard Suid-Afrikaanse rand aan 1,5-miljoen belastingbetalers gedoen.