Saftu vra swaar strawwe vir Transnet-hoofde
Saftu eis ‘n spoedige verhoor en tronkstraf vir twee voormalige bestuurders van Transnet en hulle medebeskuldigdes vir bedrog met die nutsmaatskappy se begroting vir Covid-19. Hulle het na bewering die prys van asemtoetsers verhoog van 29-sent tot 29-Suid-Afrikaanse rand en 99-sent, wat Transnet byna 34 miljoen rand gekos het. Die woordvoerder van die vakverbond Trevor Shaku eis lang vonnisse om korrupsie te keer: