Saftu vra samesmelting van onderwysstelsel

Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde, Saftu, doen ‘n beroep vir die samesmelting van die onderwysstelsel om ‘n goed-geoliede masjien te skep. Die federasie versoek die regering ook om ‘n massiewe skool-infrastruktuurprogram van stapel te stuur, toerusting aan te koop en sekerheidswagte aan te stel om dit te beveilig. Die woordvoerder van Saftu, Trevor Shaku, het die matriekklas van 2022 geloof vir hulle uitmuntende prestasie. Volgens Shaku het leerders oorwin ten spyte daarvan dat baie van hulle by kerslig en olielampe moes studeer.