Saftu verwelkom klein toename in indiensneming
Die buurland se vakbondfederasie Saftu verwelkom die geringe toename in indiensneming, maar spreek kommer uit oor die aanhoudende hoë werkloosheidsyfers. Ten spyte van ‘n agtste agtereenvolgende kwartaallikse toename in indiensneming, neem die federasie kennis die werkloosheidsyfer bly buitensporig hoog op 31,9 persent en die jeugwerkloosheid bly op 8,6-miljoen. Hulle skryf die krisis toe aan strukturele kwessies in kapitalisme en kritiseer die neo-koloniale ekonomie. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, vra die regering om ‘n U-draai te maak en vir verhoogde uitgawes en die opheffing van besuinigingsmaatreëls om ekonomiese groei en werkskepping te stimuleer: