Saftu teleurgesteld oor salaris-aanbod  


Die vakbond-federasie Saftu is teleurgesteld oor berigte wat daarop dui staatsdiens-vakbonde, wat sowat 53,9 persent van die stemgewig in die Staatsdiens se Koördinerende Bedingingsraad uitmaak, die regering se jongste salaris-aanbod gaan aanvaar. Saftu sê die aanbod van 7,5 persent is ‘n wanvoorstelling, sonder om die gevolge rondom dit te verduidelik. Die woordvoerder, Trevor Shaku, sê die aanbod is ‘n illusie wat ontwerp is om staatsamptenare te mislei, terwyl dit die tesourie help om sy fiskale konsoliderings-planne vir die mediumtermyn-bestedingsraamwerk na te kom.