Saftu sluit aan by regsgeding teen Eskom

Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde is nou deel van die regs-uitdaging om die regering en die bestuur van Eskom aanspreeklik te hou. Sy filiaal, die metaalwerkers-vakbond, Numsa, is reeds deel van die proses. Die woordvoerder van Saftu, Trevor Shakhu sê ʼn kombinasie van swak beleid en korrupsie het tot kragonderbrekings gelei en die ineenstoring van openbare dienste en goedere.