Saftu nie verbaas oor rentekoers

Die Suid-Afrikaanse vakbondfederasie, Saftu, sê hy is nie verbaas oor die Reserwebank se monetêre beleidskomitee se besluit om die terugkoopkoers onveranderd op 8,25-persent te hou nie. Dis die vierde keer sedert Mei verlede jaar dat dit onveranderd bly. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê die besluit is geneem omdat die komitee dié wat in geld handel dryf wil aanmoedig om nie groot hoeveelhede rande te verkoop en sodoende die waarde van die geldeenheid verlaag nie.