Saftu loof SARS vir sy optrede teen Adidas

Die Suid-Afrikaanse vakbondfederasie, Saftu, het die Suid-Afrikaanse Inkomstediens geloof omdat hy ondersoek instel na Adidas International se vermeende belastingontduiking. Die Duitse vervaardiger van sportklere is haaks met SARS oor 1,9 miljard Suid-Afrikaanse rand wat hy die belastingowerheid na bewering skuld. Dit is die bedrag wat Adidas na bewering tussen 2007 en 2013 aan belasting moes betaal. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê as die maatskappy skuldig bevind word, moet hy ook ‘n swaar boete opgelê word: