Saftu kap gebrek aan skoolvervoer

Saftu sê hy bly diep teleurgesteld dat talle leerders in landelike provinsies steeds die bykomende las dra van onvoldoende skoolvervoer. Die woordvoerder van Saftu, Mogoshadi Maserumule sê die federasie doen ‘n beroep op die Departement van Basiese Onderwys om dringend aandag aan dié kwessies te gee. Sy sê toeganklike, veilige en betroubare vervoer vir alle leerders is noodsaaklik, en nie net ‘n reg nie.