Saftu is ook gekant teen wet oor elektrisiteitsregulering

Die vakverbond Saftu is omgekrap oor die Nasionale Raad van Provinsies se goedkeuring van die Wysigingswetsontwerp op die Regulering van Elektrisiteit. Die woordvoerder, Trevor Shaku voer aan, die wetsontwerp, wat Eskom se monolopie ontbondel en die elektrisiteitsmark oopstel, bevoordeel privaat sektor-belange bó staatseienaarskap. Hulle het in ‘n parlementêre voorlegging teen die wetsontwerp gewaarsku, dit kan hoër tariewe tot gevolg hê en burgers negatief raak: