Saftu is ontstoke oor repokoers

Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde sê hy is gekant teen die jongste rentekoersverhoging want dit sal ‘n negatiewe impak op die lewenstandaard van werkers hê en is ‘n groot slag vir kleinsakeondernemings. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee het die rentekoers met 25 basispunte verhoog wat die terugkoopkoers op 7,25 persent te staan bring. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku sê rentekoersverhogings het bygedra tot die verlaging van lewenstandaarde, want lewenskoste styg met elke koersverhoging: