Saftu is boos oor rentekoers-verhoging

Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde, Saftu, sê hy is sterk gekant teen die jongste repokoersvehoging, omdat dit ‘n negatiewe uitwerking op die lewenstandaard van werkers en ‘n vernietigende impak op kleinsakeondernemings sal hê. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het die terugkoopkoers, waarteen die bank geld aan kommersiële banke leen, tot 7,75 persent opgestoot. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê hulle sal aanhou veg totdat die Reserwebank sy koers-trajek verander: