Saftu eis Eskom-hoof se afdanking

Die vakbondfederasie Saftu het ‘n beroep op President Cyril Ramaphosa gedoen om Eskom se uitvoerende hoof, André de Ruyter, en sy raad onmiddellik af te dank. Die organisasie sê hy veroordeel die fase 4-beurtkrag. Die vakverbond se woordvoerder, Trevor Shaku, sê die beurtkrag wat vir ‘n week lank beplan word, is ongerieflik.

Ramaphosa het gister in Soweto tydens ‘n ANC-dankdiens na die verkiesing gesê hy gaan De Ruyter nie afdank nie.