Saftu boos vir Eskom wat 36,15% verhoging vra 

Saftu bepleit gratis basiese elektrisiteit te midde van Eskom se voorgestelde elektrisiteitstariefverhoging van 36,15-persent vir volgende jaar. Die federasie is gekant teen die verhoging, soos uiteengesit in ‘n vertroulike konsepdokument aan die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika, wat ook daaropvolgende verhogings in 2026, 2027 en 2028 insluit. Mogoshadi Maserumule van Saftu sê hierdie verhogings, en die onlangse verhogings, hou ‘n ernstige finansiële las vir verbruikers in, veral die miljoene werkersklashuishoudings: