Saftu betoog by Reserwebank

Die Suid-Afrikaanse federasie van vakbonde, Saftu, en sy lede betoog vandag buite die Reserwebank in Pretoria in afwagting op die aankondigng van ‘n rentekoersverhoging. Die terugkoopkoers gaan na verwagting verhoog word, twee maande nadat die bank se president Lesetja Kganyago dit met 50 basispunte opgeskuif het. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê verhoging het tot gevolg dat die grootste deel van die werkersklas meer moet opdok om hulle skuld af te betaal.