Safa se Jordaan kry R20 000 borg 

Die president van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging, Danny Jordaan, en sy medebeskuldigdes in ‘n bedrogsaak is 20 000 Suid-Afrikaanse rand borgtog toegestaan in die Palm Ridge-landdroshof in Gauteng. Jordaan, Safa se finansiële hoof, Gronie Hluyo, en die sakeman Trevor Neethling word daarvan beskuldig dat hulle die beheerliggaam uit 1,3 miljoen rand verkul het. Landdros Philip Venter het beslis dat Jordaan sy paspoort mag behou vir werksverpligtinge, maar die ander twee moet hulle paspoorte inhandig: