SADC se verkiesingswaarnemerspan kom in SA aan

Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, SADC, se verkiesingswaarnemer-sending het sy gereedheid, beginsels en riglyne vir volgende week se verkiesing in Suid-Afrika bekendgestel. Die hoof van die sending, Enoch Kavindele, het in Johannesburg aan die media gesê die verkiesing sal beoordeel word volgens die 2021 SADC-beginsels en riglyne. Hy sê die riglyne wil ‘n vrye en regverdige verkiesing verseker, met deelname deur burgers en mediatoegang vir alle politieke partye.