SACU: Namibië moet diversifiseer

Die beraad van SACU-staatshoofde is die week in Eswatini gehou en die beraad het ingestem dat lidlande prioriteit moet gee aan sektore wat onmiddellike voordele kan bring. Dit sluit in vleis en vleisprodukte, die produksie van leer en verwante produkte, die verbouing van groente en vrugte, tekstiele, en farmaseutiese produkte. Die lys is ontwikkel op die vaardighede wat lidlande van SACU reeds van beskik en Namibië kan ook daarop bou. Kosmos 94.1 Nuus het met Gabriel Erastus, ‘n plaaslike ekonoom gesels oor hoe Namibië kan diversifiseer.