Sacha blink uit, maar sê hy moet nog baie leer

Rugby: Sacha Feinberg-Mngomezulu het sy geleenthede dié jaar aangegryp en lyk na ‘n toetsster. Die 22-jarige het sy debuut vroeër die jaar teen Wallis in Londen gemaak en het nou in sewe toetse vir die Springbokke gespeel. Hy erken hy het die druk van die geleentheid van ‘n toets teen die All Blacks aangevoel en gee toe daar’s nog baie wat hy moet leer.