Saboteurs veroorsaak chaos op Parys-spoornetwerk

Saboteurs het Frankryk se hoëspoed-treinnetwerk vandag aangeval in gekoördineerde aksies wat chaos op die land se besigste spoorlyne veroorsaak het. Die aanvalle het plaasgevind ten spyte van ‘n massiewe veiligheidsoperasie waarby tienduisende troepe en polisie betrokke is. Die staatsbeheerde spoor-operateur sê brandstigters het seinbokse langs die lyne wat Parys verbind met stede soos Lille in die noorde, Bordeaux in die weste en Strasbourg in die ooste aangeval.