Sabotasie in Parys: FBI se hulp ingeroep
Franse polisie het na berig word die Amerikaanse FBI betrek by die ondersoek na die sabotasie van hoëspoed-treindienste die oggend van die opening van die Olimpiese Spele in Parys. Dit volg nadat media-organisasies blykbaar ‘n e-pos ontvang het wat volgens die polisie moontlik afkomstig is van die oortreders. Dit bevat ‘n lys griewe maar aanvaar nie aanspreeklikheid nie. Reuters berig die boodskap is versend van ‘n adres van ‘n Amerikaanse aanlyn kommunikasiemaatskappy, riseup.net, wat glo kommunikasie- en rekenaarhulpbronne aan bondgenote beskikbaar stel wat betrokke is by die stryd teen kapitalisme.