SABC se finansiële uitdagings wek groot kommer
Die SOS Ondersteun Openbare Uitsending-koalisie het kommer uitgespreek oor die SABC se finansiële krisis wat die produksie van plaaslike inhoud beïnvloed. Die organisasie beweer die afskakeling van een van die jarelange sepies, 7de Laan, dui op die erge toestand van die openbare uitsaaier se geldsake. S-O-S se koördineerder, Uyanda Siyotula, sê die SABC sukkel om sy openbare mandaat uit te voer en ‘n verskeidenheid inhoud te voorsien, wat die plaaslike produksiesektor en die skeppende bedryf benadeel. Siyotula vra die regering om in te gryp, befondsingsmodelle te ontwikkel en die Wetsontwerp op die SABC vinniger deur te voer.