SABC-raad gaan gefinaliseer word

Die Suid-Afrikaanse minister van kommunikasie en digitale tegnologie, Mondli Gungubele, het bevestig hy skakel met die Presidensie om die aanstelling van die SABC-raad te finaliseer. Gungubele is in die portefeulje aangestel toe President Cyril Ramaphosa sy kabinet herskommel het. Die minister sê hulle werk ook aan fase twee van die digitale migrasie en breëband wat toegang tot inligting sal bied. Hy sê die aanstelling van die SABC-raad is deel van die kwessies wat vooropgestel word.