Sabalenka sê harde werk werp vrugte af

Tennis: Die tweede gekeurde Aryna Sabalenka van Belarus sê sy wou nie ‘n speler wees wat ‘n Grand Slam wen en dan verdwyn nie. Die 25-jarige het Zheng Qinwen van China met 6-3, 6-2 geklop en haar Australiese Ope-titel suksesvol verdedig. Sy het die eerste vrou geword wat dit regkry, sedert haar landgenoot, Victoria Azarenka, in 2013. Sabalenka sê haar harde werk het vrugte afgewerp.