Sabalenka, Rybakina vorder by Franse Ope

Tennis: Die Grand Slam-kampioene Aryna Sabalenka en Elena Rybakina het na die tweede ronde van die Franse Ope deurgedring. Sabalenka van Belarus het die Russiese tiener Erika Andreeva, 6-1, 6-2 geklop, terwyl die Russies-gebore Rybakina van Kazakstan ná ‘n stadige begin die Belg Greet Minnen 6-2, 6-3 uitgeskakel. Die gewese Wimbledon-kampioen het haar eerste wedstryd in drie weke gespeel. Alize Cornet se loopbaan het egter tot ‘n einde gekom toe sy in haar laaste toernooi met 6-2, 6-1 teen die sewende gekeurde Zheng Qinwen die knie moes buig.