Sabalenka kan top-posisie behou

Aryna Sabalenka kan die voorste posisie op die wêreldranglys vir die jaar reeds in die groepsafdeling van die WTA-eindtoernooi in Saoedi-Arabië beklink. Die Belarus moet die eerste drie rondomtalie-wedstryde wen om seker te maak Iga Swiatek van Pole steek haar nie verby nie. Sabalenka het Swiatek vroeër die week in die eerste posisie vervang nadat Swiatek weens uitputting en ‘n vervanging van haar afrigter besluit het om nie aan die Asiese skof van die WTA-toer deel te neem nie. Die eindtoernooi begin op 2 November in Rijaad.