Saara sing Swapo se lofliedere
Eerste Minister Saara Kuugongelwa-Amadhila het Swapo ondersteuners by ‘n saamtrek in die hoofstad toegespreek. Sy het die party se lofliedere gesing oor vordering in infrastruktuur, gesondheidsorg, misdaadvermindering, ekonomiese groei, werkloosheid en armoedeverligting.
Statistieke wat vanjaar bekend gemaak is toon vier verkragtings word gemiddeld elke dag in die land aangemeld met 23 000 vee wat in twee jaar, van 2021 tot 2023 aangemeld is. Teen Julie vanjaar was daar 111 000 misdade in een jaar aangemeld.