Saara sê oor haar ‘Jesus’ kommentaar
Namibiese opposisiepartye is op die oorlogspad nadat eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila gesê het Swapo moet regeer totdat Jesus kom. Oudpresident Jacob Zuma van Suid-Afrika het dieselfde in 2008 van die ANC gesê. Kuugongelwa-Amadhila het tydens Swapo se 62ste verjaardagvieringe by Okatana naby Oshakati, ‘n beroep op Swapo-lede gedoen om te verenig. Die eerste minister verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus presies wat sy bedoel het.