Saara se kantoor kry nog N$700m van regering vir droogtehulp

Na berigte dat daar ‘n tekort van amper 500 miljoen Namibiese dollar in droogtehulp fondse was, sê die eerste minister se kantoor, wat die hulp bestuur, dat 700 miljoen dollar, bo-op die bestaande toekenning, van die regering ontvang is na ‘n versoek aan die kabinet. Die nuus kom voor vanmiddag se verwagte middeltermyn begroting wat moontlik die toekenning sal spesifiseer. Kosmos 94.1 Nuus het met Rhingo Mutambo, woordvoerder by die kantoor gepraat.