Saara: Helfte van Namibiërs leef in armoede

Die Nasionale Beplanningskommissie is tans in die proses om die sesde Nasionale Ontwikkelingsplan, NDP6, op te stel. Dit sal die laaste lang termynplan vir Visie 2030, wees. Die kommissie sal dan met wyer nasionale konsultasies begin wat kort na die bekendstelling sal volg. Die tema is “Versterk ekonomiese herstel, inklusiwiteit en veerkragtigheid om kwaliteit en volhoubare ontwikkeling vir alle Namibiërs te verseker.” Eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila het vandag tydens die bekendstelling van die formulering van die plan aangedui dat Namibië talle terugslae gehad het.

Sy sê dat 50 persent Namibiërs in armoede leef.