Saak van pasiënt wat in hospitaal verwurg is, draai in die hof

Daar is ‘n vreemde saak vandag in die hof voor regter George Coleman. Mathilde Gaingos dagvaar die gesondheidsministerie vir 750 000 Namibiese dollar in skadevergoeding na die dood van haar 30-jarige seun Petrus tydens die na van 9 tot 10 September 2022 in die geestesgesondheidafdeling van die Sentrale Hospitaal. Hy is verwurg deur ‘n mede-pasiënt met wie hy ‘n kamer gedeel het. Die twee is afsonderlik aangehou omdat daar pogings was om te ontsnap. Beide pasiënte is slaappille ingegee en nie weer tot die volgende oggend besoek nie en daarom hou Gaingos die ministerie verantwoordelik.