Saak teen beweerde brandstigter van parlement tot 9 Junie uitgestel
Die Kaapstadse landdroshof het die saak teen die beweerde brandstigter by die parlement, Zandile Mafe, tot 9 Junie uitgestel. Die streekswoordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Eric Ntabazalila, sê dis omdat al die staat se ondersoekverslae nog nie voltooi is nie. Volgens Ntabazalila moet ‘n deeglike inspeksie uitgevoer word om die omvang en koste van die skade in die Nasionale Vergadering te bepaal. Mafe is in Januarie in hegtenis geneem en staan op verskeie aanklagte tereg, insluitende terrorisme en brandstigting.